Die rubriekskrywer David Bullard het kriminele aanklagte teen Mondli Makhanya, voormalige redakteur van die Sunday Times, aanhangig gemaak.
Die aanklagte van bedrog en regsverydeling kom byna vier jaar nadat Bullard oor ‘n omstrede rubriek afgedank is.
