Een van die heel eerste TV-reekse wat in Afrikaans oorgeklank is was Alpha 1999 (Space 1999).

Die avonture van Maanbasis Alpha se mense was op die TV vir slegs twee seisoene. Van 1975 tot 177. Die storie was dat ‘n mensgemaakte basis op die maan gebou is om as stortingsterrein vir kernafval te dien. ‘n Kernongeluk het die maan egter uit die Aarde se wentelbaan gedruk en so het die reis deur die sterrestelsel afgeskop.

Hierdie TV-reeks was die laaste produksie van die vennootskap van Gerry en Sylvia Anderson en was op daardie tydstip die duurste reeks ooit op TV.

Daardie uniseks, beige kostuums vir die eerste seisoen was die werk van die Oostenrykse mode-ontwerper Rudi Gernreich, bekend vir sy bostuklose swembroek.

Martin Landau en barbara Bain het die hoofrolle vertolk.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar