Amelia

Eendag was daar ‘n vrou wat vliegtuie gevlieg het … en toe is sy getroud.

Dit is kortliks regisseur Mira Nair se teleurstellende weergawe van die storie van die formidabele vlieënier Amelia Earhart. Die film maak dit nooit duidelik wat hierdie vrou so besonders gemaak het nie.

Aan die positiewe kant is Nair se films altyd aanskoulik en Amelia is geen uitsondering nie. Ons word meegevoer oor die allermooiste landskappe. Soveel so dat dit soms voel asof jy na ‘n dokumentêre rolprent van National Geographic kyk.

Van Hilary Swank in die hoofrol en die dikdood Richard Gere wat haar die hof maak kan mens nie veel sê nie. Die waspoppe van Madame Tussaud toon meer lewe as die twee in hierdie film.

As dit ‘n getroue weergawe is van wat Amelia Earhart was (en ek twyfel), dan sal ‘n film oor die lewe van Mike Schutte meer sin maak.

Die hoogtepunt van Amelia is Gabriel Yared se klankbaan.

Amelia
Amelia

Gaan kyk dit net in ‘n teater as jy goeie kamerawerk wil sien.

Regisseur: Mira Nair
Met: Hilary Swank, Richard Gere en Ewan McGregor

3 / 5

11 Januarie 2010

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply