Michael Haneke se Amour is as die beste film aangewys by die Cannes-filmfees. Haneke het ook in 2009 die prys gewen met The White Ribbon.
Tweede plek is toegeken een aan Matteo Garrone se Reality en derde plek aan Ken Loach se The Angel’s Share.
Prys vir die beste manlike akteur het gegaan aan die Deense akteur Mads Mikkelsen vir The Hunt en Cristina Flutur en Cosmina Stratan is gesamentlik gekroon as beste aktrises vir Beyond the Hills.
