Dit is 1914. Willem, Gerhard en P.G. is moedeloos met hul omstandighede by die huis, hulle hongerlone op die myne en die Britse regering in die land. Bennie probeer sy pa oortuig om hom nie na die kweekskool in Nederland te stuur nie. Hulle maak slim planne om die bietjie wat hulle het te vermeerder en op hulle manier die magte van die dag om ver te gooi, maar dit is ook, helaas, nie voldoende nie. Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog sluit die vier, noodgedwonge, by die Rebellie aan. Hulle toekoms lyk redelik duister, maar hulle besluit om ’n bloedband met mekaar te smee.
Kyk Bloedbroers, Dinsdae om 20:30. Vanaf 13 Oktober, net op kykNET.
