“Vir hierdie uitstalling het ek iets heeltemal anders probeer en hoofsaaklik met hout as druk-medium gewerk. Om te sny in hout skep ander teksture en bied my ook die kans om groter te werk. Ek druk steeds ‘n beperkte oplaag drukke vanaf die hout met ‘n drukpers. My houtsnee word geverf met olie en gaan saam met ‘n druk wat gekleur word en in akriel uitgestal word.
My inspirasie vir die skep van nuwe werk word altyd gesneller deur die lees van ‘n boek, en in die geval van hierdie uitstalling was dit The Flounder deur Gunther Grass.”
Whisper down the lane duur tot 5 November 2015.

