Bolt

 

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Met: John Travolta, Miley Cyrus en Malcolm McDowell
Regisseur: Byron Howard en Chris Williams
Jaar: 2008

Met die oog op die Oscars kyk ons so effe terug na hierdie Oscar-nominasie vir beste animasiefliek.

Bolt (John Travolta) is ‘n hond en die ster van ‘n TV-reeks waarin hy bonatuurlike kragte het. Die probleem is dat almal behalwe Bolt weet dat dit alles net voorgee is.

Die storie neem ‘n dramatiese wending wanneer Bolt van sy eienaar en medester, Penny (Miley Cyrus), geskei word. Skielik is hy op sy eie en moet sy eie weg deur die wêreld vind. So begin Bolt se storie met ‘n aartsvyand, Mittens die kat, letterlik op tou.

Bolt 

Bolt

Miley Cyrus is nogal nie sleg wanneer sy haar paar sinne moet voordra nie, maar die storie is bietjie vervelig en John Travolta doen nie juis veel om simpatie vir die hoofkarakter te wen nie. Die grappies was boonop 20 jaar gelede snaaks.

Maar moenie bevrees wees nie. Langs die pad ontmoet hulle die ware held van hierdie storie, Rhino die oorgewig, TV-verslaafde hamster. Rhino is Wolraad Woltemade in ‘n oefenbal, met ‘n hart groter as sy verstand. Rhino het die beste deel van die teks gekry en gee jou geleentheid om te skaterlag tussen al die flou grappies.

Kinders sal hiervan hou en Rhino maak dit beslis die moeite werd.

By vanjaar se Oscars kom dit te staan teen Kung Fu Panda en Wall-E. Na my mening gaan Wall-E stof in die oë skop van die teenstand.

Bolt kry 6 uit 10.

skrywer: JM

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar