Roekeloos
Chloe praat gemaklik oor haar werk as prostituut. Nie sommer enige prostituut nie, een wat jou baie geld uit die sak jaag. Sy vertel van haar truuks, nie die seksuele soort nie, maar hoe sy haar klant sielkundig beheer.
Ten minste leer ons met die film dat Amanda Seyfried, wat Chloe, vertolk, tot meer in staat is as dit wat haar prikkelpop voorkoms suggereer. Julianne Moore is egter die uitblinker as die dokter wat die prostituut huur om haar man (Liam Neeson) se getrouheid te toets. Sy leer egter meer as waarvoor sy gevra het. Neeson bly op die agtergrond en is nooit meer as ’n pion in die storie nie.
Chloe kon ’n sjarmante film wees, net jammer dit is baie voorspelbaar. Dit is egter nommerpas vermaak diegene in ’n lang verhouding.
Regisseur: Atom Egoyan
Met: Amanda Seyfried, Julianne Moore, Liam Neeson & Nina Dobrev

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
3 / 5
