Date Night

Date Night 

Roekeloos

Twee goeie komediante sorg ongelukkig nie outomaties vir ’n goeie fliek nie. So begin die treurige verhaal van Date Night.

Die storie is die bekende een van mense wie se identiteite omgeruil word. Phil en Claire Foster is jou tipiese middelklas getroudes wat iemand anders se bespreking by ’n restaurant kaap. Ongelukkig vir hulle het dit behoort aan twee mense wat probeer het om vir geharde misdadigers ’n mus oor die kop te trek. As Phil (Steve Carell) en Claire (Tina Fey) hul oë uitvee is hulle besig om te vlug voor skobbejakke wat meer as net geld soek.

Op papier lyk dit soos ’n uitstekende idee om Steve Carell en Tina Fey saam in ’n rolprent te plaas. Mens verwag iets skreeusnaaks, maar die humor is afgewater en die aksietonele ontneem van enige spanning.

Die probleem met Date Night is ’n swak teks, swak kinematografie en swak redigering. Maak nie saak wie jy is nie, ’n swak teks pootjie enige akteur, al is jy hoe snaaks. Wat die res betref is die verduideliking eenvoudig, net twee woorde, Shawn Levy. Die man is een van Hollywood se swakker regisseurs, soos al verskeie kere hier geskryf is.

As jy wil weet hoe snaaks die Carell en Fey kan wees moet jy bly sit wanneer die film verby is. Terwyl die name oor die skerm rol wys hulle bietjie van die interaksie tussen die twee agter die skerms.

Date Night moet maar op die DVD rak gaan staan naby die Leon Schuster-flieks.

Regisseur: Shawn Levy

Date Night
Date Night

Met: Steve Carell, Tina Fey, Mark Wahlberg, Leighton Meester, Mark Ruffalo, James Franco & Mila Kunis(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

2.5 / 5

Lewer kommentaar

Leave a Reply