Die Sneeukoningin

Die Sneeukoningin is ‘n internasionale animasie fliek wat op 30 Oktober 2015 landwyd in teaters begin draai.


Die Sneeukoningin is ‘n internasionale animasie fliek wat vir die eerste keer eksklusief deur Indigenous Film Distribution vrygestel word. Dit is gebasseer op die oorspronklike, klassieke feëverhaal deur Hans Christian Andersen, wat in 1845 vir die eerste keer gepubliseer is.

Die storie handel oor ‘n dogtertjie en seuntjie, Gerda en haar broer Kai, wat die stryd aansê tussen goed en kwaad.

Die Sneeukoningin wil graag ‘n nuwe wêreld skep waar dit altyd winter is en waar die ysige Poolse winde die mense se siele afkoel en die skoon, koue lyne van die winterlandskap, mense se emosies onderdruk. Sy het die wêreld met ys bedek en beplan nou om alle kuns te vernietig.

Maar ’n towerspieël het voorspel dat die meesterglasmaker, Vegard, wie se spieëls nie net mense se voorkoms nie, maar ook hulle siele weerspieël, die Sneeukoningin en haar koninkryk bedreig. Op ’n dag waai die Poolse winde vir Vergard en sy vrou Una weg, maar hulle slaag daarin om hulle dogtertjie, Gerda en babaseuntjie Kai, weg te steek.

Kort daarna ontdek een van die Sneeukoninging se bediendes vir Kai en sy glo vas dat hy Vegard se opvolger is.

Die Sneeukoningin
Die Sneeukoningin
Nadat Kai deur die Sneeukoningin ontvoer en in haar paleis opgesluit is, vertrek Gerda op ’n reis deur die ysige wonderland, vergesel van Luta, haar troetelfret en Orm, die trol. Gerda kom voor ’n hele paar moeilike struikelblokke te staan en maak nuwe vriende in haar poging om Kai te bevry, maar sy sal die Sneeukoningin moet verslaan en die harte van mense orals moet verower om die wêreld te red.

Die pragtige tonele, klassieke verhaal en wonderlike, hoë gehalte animasie van die animasiemaatskappy, Wizart, sorg dat hierdie ’n klassieke avontuurrolprent is wat ’n internasionale gehoor sal bekoor.

Die rolverdeling sluit in:
Bettie Kemp – Blommeheks
Anton Dekker – Verteller
Cobus Visser – Koning
Rina Nienaber – Winkeltante / Regisseur
Pierre Breytenbach – Trol (Orm)
Christine Voorendyk – Sigeunermeisie
Victor Voorendyk – Kai
Heidi Mollentze – Sneeukoningin / Baba Irma / Irma / Spieël
Karen Wessels – Gerda
Antowan Nöthling – Vegard
André Stolz – Hoof van weeshuis
Anja Oelsen – Prinses
Melt Sieberhagen – Prins
Elma Potgieter – Sigeunervrou
Riana Wilkens – Sjamaan
Lochner de Kock – Howeling

Vertaling – Kobus Geldenhuys
Sinchronisasie – Anja Oelsen
Regie – Rina Nienaber
Klankontwerp – Juli van den Berg
Finale meng – Ben Oelsen
Ateljee – Presto Post

Lewer kommentaar

Leave a Reply