Republiek van Zoid Afrika Volume 2

Sedert die tweede reeks van Republiek van Zoid Afrika op die lug is, is Karen Zoid weekliks bo-aan die SA iTunes trefferlys. Tot op hede het sy nie minder nie as 10 nommer 1 posisies behaal – en dit met verskillende liedjies wat sy saam met haar gaskunstenaars aan die einde van die program uitvoer. Hierdie is `n ongeewenaarde prestasie.


Goeie nuus is dat die Republiek van Zoid Afrika Vol 2 CD en DVD op 10 September uitgereik is. Voorafbestellings vir die vollengte album kan nou op iTunes geplaas word. Die offisiële uitreikdatum op iTunes is 17 September. Die Cd en Dvd sal vanaf 20 September landwyd in winkels beskikbaar wees.

Snitte:

1 Karen Zoid & Francois van Coke TOE VIND EK JOU
2 Karen Zoid & Jack Parow COOLER AS EKKE / SPROKIE VIR ‘N STADSKIND
3 Karen Zoid & Steve Hofmeyr LOSE WHEN YOU LIE
4 Karen Zoid & Anneli van Rooyen EK LEWE
5 Karen Zoid & Bobby van Jaarsveld HILLBROW
6 Karen Zoid & Rina Hugo AVE MARIA
7 Karen Zoid & Laudo Liebenberg VOSHAARNOOI
8 Karen Zoid SONVANGER / PIE JESU
9 Karen Zoid & Kahn Morbee COLOURFUL
10 Karen Zoid & Dozi & Katlego Maboe TUSSEN JOU EN MY
11 Karen Zoid & PJ Powers FEEL SO STRONG
12 Karen Zoid NEEM MY OP VLERKE / ENTER SANDMAN
13 Karen Zoid & Amanda Strydom TAAL VAN MY HART
14 Karen Zoid & Vusi Mahlasela WEEPING
15 Karen Zoid & Zanne Stapelberg HABANERA / DUHAST
16 Julia Robertson & Dee MacDonald DIE BEACH BONUSSNIT EKSKLUSIEF OP DVD & ITUNES.

Republiek van Zoid Afrika (reeks 2) word tans elke Donderdag 20h30 op kykNET uitgesaai. Karen se innemende vrae en goeie sin vir humor het gesorg dat die reeks ‘n onmiddellike treffer was vanaf die uitsending van die eerste reeks in 2014. Die feit dat sy ook die meeste van haar gaste baie goed ken, gee ‘n intieme en spontane gevoel aan die gesprekke. Die episodes eindig met ‘n optrede deur Karen saam met haar musikale gaste en vandaar kan kykers hierdie liedjies onmiddellik vanaf iTunes aflaai. Die laaste episode van die huidige reeks word op 24 September uitgesaai. Kyknet het reeds ‘n derde reeks aangekondig, wat vroeg in Januarie op die lug sal wees.

Republiek van Zoid Afrika Volume 2
Republiek van Zoid Afrika Volume 2

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar