Dr T and the Women

Met: Richard Gere, Helen Hunt en Farrah Fawcett
Regisseur: Robert Altman

Gere speel die naamrol van dr Sullivan Travis, bekend as Dr T, ´n ginekoloog in ´n buiteklub by Dallas. Hy bewonder vroue en is sensitief vir hulle gevoelens, en dit is baie nodig aangesien hy dag en nag omring is deur vroue, by die werk én by die huis.

Die storie handel oor die dokter se vrou (Fawcett) wat ´n ineenstorting beleef, sy lesbiese dogter wat van plan is om met ´n man te trou, sy skoonsuster en haar drie dogters wat pas by hom ingetrek het, sy hoofsuster wat verlief is op hom, en hy wat verlief is op die gholf-pro by die klub (Hunt).

En dis min of meer die hele prent. Moenie jou geld mors nie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply