Farrah Fawcett, aktrise en sekssimbool van die sewentigerjare, het haar stryd teen kanker verloor op die ouderdom van 62 jaar.
Farrah Fawcett was een van die oorspronklike Charlie’s Angels. Die TV-reeks het haar wêreldbekend gemaak. Filmrolle het gevolg in onder andere Logan’s Run (1976), The Cannonball Run (1981), The Apostle (1995) en Dr. T & the Women (2000).
Die bekende foto van Farrah Fawcett in ‘n rooi swembroek het haar ‘n kulturele ikoon gemaak. Daar word berig dat daar 12 miljoen kopieë van die poster verkoop is.
Fawcett word oorleef deur haar lewensmaat sedert 1982, die akteur Ryan O’Neal, en hulle seun Redmond O’Neal. Drie dae voor haar dood op 25 Junie 2009 het sy ingestem om met O’Neal te trou, sodra sy beter voel.

