Geboortegrond is ’n Afrikaanse rolprent wat op 30 September 1946 uitgereik is. Pierre de Wet was die regisseur en ’n akteur, terwyl Joseph Albrecht die draaiboek geskryf het. Die rolprent was Pierre de Wet, wat algemeen as die Vader van die Suid-Afrikaanse Filmbedryf beskou word, se eerste rolprent.
