Google Play Movies ook nou in Suid-Afrika

Aanvanklik wou hulle net apps, speletjies en boeke aan ons verkoop. Toe kom die musiek en nou is dit flieks.

Google Play Movies is vanaf die week ook in Suid-Afrika te koop en te huur – insluitende honderde hoë definisie films.

Die films kan jy kyk op jou Android of iOS foon of tabletrekenaar, op jou gewone rekenaar of op jou TV as jy Android TV of ’n Chromecast het. Dit sal ook binnekort beskikbaar wees op LG. Se Smart TV’s.

Pryse begin by R19,99.

Lewer kommentaar

Leave a Reply