Gothika

Met: Halle Berry, Robert Downey Jr., Charles S. Dutton & Penelope Cruz
Regisseur: Mathieu Kassovitz

Gothika is regisseur Mathieu Kassovitz se eerste probeerslag en dit wys. Elke cliché van die riller-genre word uit die sak geruk.

Dit kan nie beter gaan met Dr. Miranda Grey (Halle Berry) nie. Sy is mooi, hoogs gerespekteerd in haar professie en gelukkig getroud. Dan word sy wakker na ´n motorongeluk, vra na haar man (Charles S. Dutton) en word vertel sy word behandel deur haar vorige werkgewer. Haar man het sy met ´n byl in ´n paar stukkies gekap.

Halle Berry se karakter is moeilik om te peil want elke vyf minute worstel sy met ´n ander emosie. Dit is nie Berry se skuld nie, dis die draaiboek.

Beslis die swakste film wat ek vanjaar gesien het.

3/10

Lewer kommentaar

Leave a Reply