Hardware

Een van Suid-Afrika vernaamste regisseurs, Richard Stanley, is vanjaar by die Nasionale Kunstefees in Grahamstad.

Stanley het sy loopbaan begin met die vervaardiging van musiekvideos, onder andere vir Marillion.

Sy eerste film en suksesstorie was Hardware (1990). Dis die storie van ’n eensame reisiger wat ’n cyborg, Mark 13, ontdek in ’n radioaktiewe niemandsland. Hy verkoop die masjien aan ’n skroothandelaar, wat dit vir sy verleidelike meisie gee. Mark 13 het egter moord op sy brein as hy begin om homself te herstel, alleen saam met die vrou in ’n woonstel.

Die rolverdeling sluit in Dylan McDermott, Stacey Travis, John Lynch en Iggy Pop.

Iggy Pop en Motorhead is deel van die klankbaan.

Die film is 1 en 4 Julie by die fees te sien.

Nasionale Kunstefees 2011

Hardware

Lewer kommentaar

Leave a Reply