Highlander IV

“We are the seeds of legend” sê Christopher Lambert, so asof ons nie kan lees wat voor ons op die skerm verskyn nie. “But our true origins are unknown. We simply are.” mompel hy voort.

Dit is egter presies wat die vierde Highlander fliek is, dit is maar net.

Soos gewoonlik is die toekoms van die aarde in gedrang en soos altyd worstel die kanniedood met sy pyn en blah blah blah. Mens hoop die regisseur, Douglas Aarniokoski, worstel met homself oor sy eerste fliek wat so ´n groot flop is. Hy moet iewers toegesluit word en pap snoek gevoer word vir ´n jaar. Van akteurs is daar ook nêrens sprake nie. Wie’t gedink ´n film met swaardgevegte, onthoofdings en liefde kan so vervelend wees.

0 op ´n skaal van 10

Met: Christopher Lambert
Regisseur: Douglas Aarniokoski

Lewer kommentaar

Leave a Reply