Wetenskaplikes vind oorsprong van Aids

Navorser Bette Korber en kollegas het na bewering verlede Dinsdag, met behulp van ´n kragtige rekenaar by die Los Alamos Nasionale Laboratorium, die oorsprong van die Aids-virus bepaal.

‘n Rekenaarmodel is gebruik om die verskeie mutasies van die HIV virus te bereken en te bepaal wanneer dit van sjimpansees tot die mens oorgedra is. Die datum is vasgestel om naby 1930 te wees.

´n Aapweergawe van die siekte, bekend as SIV, is heel moontlik oorgedra na die mens vanaf sjimpansees in Wes-Sentraal Afrika. Mense in hierdie omgewing maak gereeld jag op die diere en is moontlik aangesteek deur hulle in aanraking gekom het met die bloed van ´n siek dier.

Lewer kommentaar

Leave a Reply