Iemand het blindelings Isaac Asimov se I, Robot gelees voor hulle hierdie fliek gemaak het. Net elemente van Asimov se boek(e) word gelap sodat Del Spooner (Will Smith) soos ´n aksieheld lyk.
Die film is in ´n mate ´n speurverhaal. Die storie begin met die vermoede dat ´n robot, Sonny, ´n wetenskaplike vermoor het. ´n Daad wat nie moontlik kan wees nie, of so dink almal. Spooner verdink vir Sonny. Die groot korporasies wat ´n robot in elke huis wil hê doen alles om Spooner se ondersoek te belemmer.
Die film is vol oppervlakkige elemente, maar I, Robot sal jou oë vasgenael hou op die skerm en is goeie vermaak.
Met: Will Smith
Regisseur: Alex Proyas
6/10
