Roekeloos
Oumense het ook seks, en Nancy Meyers weet hoe om dit vir ons te wys.
It’s complicated het baie in gemeen met regisseur Nancy Meyers se Something’s gotta give (2003).
Die ouer man het ’n jong meisie, maar beland in die bed met die ouer vrou. Die verskil is dat die ouer man en vrou in It’s complicated voorheen getroud was. Meyers is die skrywer van beide die films se stories.
Alec Baldwin en Meryl Streep speel mooi saam en lyk of hulle nogal kan kliek as hulle saam dronk en kaal raak. Hulle is dan ook die rede hoekom It’s complicated so ’n lakenbreedte voor Something’s gotta give oor die wenstreep sal val.
Nancy Meyer se films is nie wow nie, maar dis heerlike vermaak wat jou soms twee keer laat dink oor jou eie verhoudings.
Nie vir persone met ’n weersin in halfkaal ouer mense nie.
Regisseur: Nancy Meyers

Met: Meryl Streep, Steve Martin, Alec Baldwin & Rita Wilson
3 / 5
