Karl Malden 1912 – 2009

Die bedrewe Amerikaanse akteur Karl Malden is gister oorlede aan natuurlike oorsake op die ouderdom van 97 jaar.

Malden sal onthou word vir sy intelligente karakteriserings, ten spyte van sy onopvallende voorkoms. In 1951 het hy ‘n Oscar-toekenning ontvang vir sy rol in A Streetcar Named Desire.

Bekende films op Karl Malden se kerfstok sluit in;

Halls of Montezuma (1951), A Streetcar Named Desire (1951), On the Waterfront (1954), Baby Doll (1956), Pollyanna (1960), All Fall Down (1962), Birdman of Alcatraz (1962), How the West Was Won (1962), Gypsy (1962), The Cincinnati Kid (1965), Hotel (1967), Patton (1970) en Nuts (1987).

Lewer kommentaar

Leave a Reply