Die bekroonde fliek, Krotoa, begin vandag in fliekteaters landswyd.

Hierdie merkwaardige drama vertel die storie van ’n vurige elfjarige Khoi-prinses (Charis Williams), wat van haar stam weggeskeur word om vir Jan van Riebeeck (die eerste goewerneur van die Kaapse Kolonie en haar oom se handelsvennoot) te gaan werk. Sy word na die eerste Fort geneem, wat in 1652 deur die Oos-Indiese Kompanjie gevestig is. Hier word sy groot as ’n visionêre jong dame, wat die Nederlandse taal en kultuur so goed verstaan, dat sy ’n invloedryke tolk word vir Van Riebeeck – die eerste goewerneur van die Kaapkolonie.

Krotoa (Crystal-Donna Roberts), wat leer om die Nederlandse taal en kultuur goed te verstaan, word ’n invloedryke tolk tussen Jan van Riebeeck (Armand Aucamp) en haar eie mense. Vasgevang tussen twee kulture, probeer sy om dié twee wêrelde met mekaar te versoen, wat veroorsaak dat die Khoi-stam haar verwerp en die Nederlanders haar vernietig. Krotoa word egter op die ou einde deur haar eie Khoi-mense verwerp en deur die Hollanders vernietig wanneer sy probeer om ’n middeweg tussen die twee kulture te vind.

Crystal-Donna Roberts, wat naam gemaak het in flieks soos die Endless River, Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom en Skeem vertolk die rol van Krotoa. SAFTA-wenner, Armand Aucamp, wat veral bekend is vir sy indrukwekkende vertolkings in Ballade vir ’n Enkeling en Die Boekklub speel Jan van Riebeeck, terwyl ander gesoute akteurs soos Jacques Bessenger, Deon Lotz, Marcel van Heerden, Roeline Daneel, Brendan Daniels en Ernest St Clair ook in hierdie boeiende verhaal te sien is.

Krotoa is ’n treffende film oor ’n dapper vrou, wat alles in die stryd gewerp het, om geboorte te gee aan die wonderlike nasie waarvan ons almal vandag deel is. Dit het nie net ’n kragtige boodskap, waarmee almal kan vereenselwig nie, maar beloof ook om die kyker op ’n onvergeetlike avontuur te neem na vervloeë tye.

Krotoa is vervaardig deur die SAFTA-bekroonde rolprentvervaardigingsmaatskappy, Penguin Films in samewerking met kykNET en word landswyd uitgereik deur Ster-Kinekor Entertainment.

Lys van teaters:

Ster Kinekor:
Bay West
Tygervalley
Somerset Mall
V & A Waterfront Nouveau
Parow
Garden Route Mall (George)
The Grove – Windhoek
Gateway (Dbn)
Sterland (Pta)
Brooklyn (Pta)
Kolonnade (Pta)
Rustenburg
Rosebank Nouveau (Jhb)
Cresta (Jhb)
Vaal Mall (Vereniging)

Nu Metro:
Grandwest Casino
Hyde Park (Jhb)
V&A Waterfront Commercial
Walmer Park (PE)
Welkom
Worcester

Lewer kommentaar

Leave a Reply