Met: Angelina Jolie
Regisseur: Jan De Bont
Dit is die legendariese dosie, geen verwysing na Angelina Jolie, wat die middelpunt is van Lara Croft Tomb Raider: The Cradle of Life en ook die punt waar ek belangstelling verloor het.
Die storielyn handel oor ´n bose wetenskaplike (hoe oorspronklik!) wat misbruik wil maak van Pandora se doos.
Selle poeding as die vorige Tomb Raider, net ´n ander sous. Sou jy werklik meer wil weet stel ek voor jy lees die vorige resensie. Al basiese verskil is dat daar meer ontploffings en geweld is.
Die enigste sin wat Cradle of life moontlik kan hê is as verwysing na die moontlike nut van Jolie se mates vir voortplanting.
3/10
