Kenneth Branagh was nog altyd ´n briljante eksponent van Shakespeare; sy Hamlet oor die hoof gesien. Met Love’s Labour’s Lost maak hy dan ook vir ´n slag ´n terugkeer na hierdie genre.
Die fliek is ´n kontemporêre musikale weergawe van ou Willem se oorspronklike werk. Dit is vol musiek van Cole Porter en Irving Berlin en daar is vertonings deur Kenneth Branagh, Nathan Lane en ´n ontuis Alicia Silverstone. Daar word so gedans en gesing van voor tot agter, dat die van ons met stywe wit boude ´n skuldgevoel ontwikkel.
7 op ´n skaal van 10
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
