Roekeloos,
15 November.
Lucy was ’n goeie idee, maar wat toe gebeur het weet niemand nie.
’n Jong vrou (Scarlett Johansson) kry ’n oordosis van ’n eksperimentele dwelm in en dit gee aan haar bonatuurlike vermoëns. Sy is totaal in beheer van haar brein en sintuie.
Dit begin as ’n aksiefliek met talle wetenskaplike verwysings en dan word die oorspronklike storielyn gewoon ’n nagedagte. Mens sidder as jy terugdink na die gebruik van insetsels in die fliek. Mens sou nooit kon raai dis Luc Besson se werk nie, dit lyk asof die handewerk is van ’n eerstejaar filmstudent.
’n Goeie idee was ’n patetiese film geraak het.
Met: Scarlett Johansson & Morgan Freeman
Regisseur: Luc Besson
Teks: Luc Besson
Genre: Wetenskapfiksie
Taal: English
Ouderdomsbeperking: Geen o/16 jaar
Jaar: 2014
Tydsduur: 1 uur 29 minute
