‘n Nuwe verslag het bevind dat wonde wat op die aktrise Natalie Wood se lyf gevind is, dalk voor haar verdrinking toegedien is.
‘n Addendum tot Woods se lykskouing-verslag noem dat die wonde dalk toegedien is voordat die aktrise verdrink het, maar dit kan nie bo redelike twyfel bewys word nie.
‘n Ondersoek na Wood se dood in 1981 is weer in 2011 heropen. Daar is destyds bevind dat sy verdrink het na sy ‘n dag op ‘n boot spandeer het. Sy was dronk en kon nie swem nie.
Haar man, Robert Wagner, die akteur Christopher Walken en die boot se kaptein, Dennis Davern, was almal aan boord tydens die voorval.
Die polisie hou vol dat die nuwe ondersoek niks te make het met Davern se opspraakwekkende boek waarin hy beweer Wagner is verantwoordelik vir Wood se dood nie.