Secret Songs

Zanne Stapelberg staan bekend as ‘n kunstenaar wat musikale grense verskuif; selfs bestempel deur een kritikus as ‘n “opera recce”. Haar samewerkings met kunstenaars soos Mandoza, Lady Smith Black Mambazo en Karen Zoid is net nóg ‘n bewys van hoe sy eksperimenteer met haar klassieke agtergrond. In Secret Songs is sy weer op die verhoog saam met bekende kitaarmeester James Grace … en hierdie keer sing sy die musiek waarna sy luister in die aand voor die kaggel met ‘n glas rooiwyn.

Hierdie is ‘n intieme vertoning. Gestroop van alle tierlantyntjies – net Zanne en James wat doen waarvoor hulle die liefste is; musiek maak.

Musiek van Led Zeppelin, Lead Belly, Laurika Rauch, Tom Waits, Leonard Cohen, Nina Simone, Sting en ‘n paar skokkende verrassings!

Secret Songs met Zanne Stapelberg en James Grace
Die Boer Restaurant Teater in Durbanville
Saterdag 19 Jan om 20:30
Koste: R110
Bespreek 021 979 1911 / 083 406 0111

Zanne Stapelberg & James Grace
Zanne Stapelberg & James Grace

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply