Met: Meg Ryan en Russel Crowe
Regisseur: Taylor Hackford
Die vrystelling van Proof of Life is oorskadu deur die romanse tussen die twee hoofrolspelers, wat toe ook nie lank gehou het nie.
Ryan het haar man, Dennis Quaid, vir Crowe gelos na ´n huwelik van nege jaar, na die passievolle tonele wat hulle verfilm het. Crowe speel die rol van Terry Thorne, ´n uitstekende onderhandelaar wat uiters sexy lyk in khaki-klere in die woude van Ecuador.
Die prent handel oor ontvoering en losprys, die mense wie se lewe in gevaar gestel word, hulle gesinne en die onderhandelaars wat probeer om hulle bevry te kry.
Ryan speel die rol van Alice Bowman wie se man, Peter, ´n Amerikaanse ingenieur, deur rebelle ontvoer word terwyl hy ´n dam bou in ´n Suid-Amerikaanse land. Sy ontvoerders dink hy werk vir ´n groot maatskappye wat sy lewe vir miljoene verseker het, maar dis nie so nie en sy vrou moet hom daar uitkry. Dis dan dat sy haar verlaat op Crowe, op meer as een manier.
