Autumn in New York

Met: Richard Gere en Winona Rider
Regisseur: Joan Chen

Gere speel die rol van Will Keane, ´n 48-jarige suksesvolle restauranteienaar en vroueverleier, en Ryder is die 22-jarige Charlotte Fielding, ´n hoede-ontwerper met ´n gewas wat haar hart stadigaan verwoes.

Die twee ontmoet in Keane se restaurant en hy vra haar om ´n ongewone hoed te ontwerp vir ´n afspraak met ´n vrou. Toe sy dit aflewer, beweer hy die meisie het hom in die steek gelaat en vra sy moet die rok aanpas wat vir haar bedoel was. Natuurlik pas dit en die twee gaan toe maar saam uit – gelukkig darem sonder die hoed.

Om sake nog interessanter te maak, het Will 30 jaar gelede met Charlotte se oorlede ma uitgegaan, maar Charlotte raak nogtans verlief op hom en vertrou hom met haar hele (siek) hart. En so gaan die romantiese melodrama voort met elke Hollywood-foefie in die boek wat ingespan word om fliekgangers te laat snik van genot.

Lewer kommentaar

Leave a Reply