Met: Sylvester Stallone, Miranda Richardson en Mickey Rourke
Regisseur: Stephen Kay
Mans én vroue wat van Stallone hou, sal teleurgesteld wees oor dié prent – vroue omdat hy heelwat meer klere dra en minder spiere vertoon as in sy Rambo- en Rocky-prente, en mans omdat daar niks van die skop-skiet-en-dinges is van sy vorige aksieprente nie.
Get Carter gaan oor wraak, en oor reën. Dit reën voortdurend, wat sekerlik bydra tot die vervelige, lou gevoel van die fliek.
Die prent handel oor ´n skuldinvorderaar, Jack Carter (Stallone) wie se broer doodgaan. Die twee het kontak verloor toe Jack na Las Vegas is om sy loopbaan te bevorder, terwyl sy broer in Seattle agter gebly, getrou en pa geword het. Die Seattle-broer sterf en Jack, wat seker is dat was moord, keer terug om uit te vind wie dit gedoen het.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
