R2 miljoen vir Star Trek-geweer

‘n Geweer wat in die eerste episode van die tweede seisoen van Star Trek gebruik is, is in Los Angeles vir $231 000 (sowat R2 miljoen) verkoop.

Die geweer, wat deur William Shatner in die rol van Captain Kirk gebruik is, sou na verwagting $50 000 (sowat R450 000) haal.

Items van die ontslape aktrise Marilyn Monroe het ook groot geld verdien. ‘n Nagrokkie het vir $15 000 (sowat R136 000) verkoop, terwyl ‘n bra wat sy in Some Like It Hot gedra het, vir meer as $28 000 (sowat R254 000) verkoop is.

‘n Argief met handtekeninge van verskeie Oscar-wenners is vir $15 625 (sowat R142 000) verkoop.

‘n 1966 Imperial Crown-motor, met die bynaam Black Beauty, is vir $46 875 (sowat R424 000) opgeveil. Die motor is in 2011 se The Green Hornet gebruik.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply