Met: Mike Myers, Cameron Diaz, Eddie Murphy, & Antonio Banderas
Shrek 2 is ongetwyfeld een van die jaar se beter films. Tydens vanjaar se Cannes-fees is daar gespekuleer dat die film moontlik die die hoogste verering kan ontvang.
´n Onbekende persoon skryf oor die eerste Shrek op Roekeloos.co.za: “Afgesien van die humor, is Shrek se sukses toe te skryf aan die mooi afgebakende karakters met wie jy maklik gaan assosieer.” Shrek 2 bou beslis op die gebied voort. Ook word die humor in die verhaal weer gebalanseer met avontuur, vriendskap en romanse.
Van beenoud tot speenoud gaan hiervan hou.
8/10

Lewer kommentaar