Spiderman 2

Met: Tobey Maguire, Kirsten Dunst & Alfred Molina
Regisseur: Sam Raimi

Verklaar jouself solank bankrot, want as jou kinders Spiderman 2 sien sal jy ´n klein fortuin moet opdok vir al die nuwe speelgoed.

Peter Parker (Tobey Maguire) kry die keer teenstand in die vorm van Dr. Otto Octavius (Alfred Molina) (binnekort op jou kinders se speelgoedrak) wat Spiderman van die planeet af wil vee. Boonop hang die liefde van sy lewe, Mary Jane Watson (Kirsten Dunst), saam met ´n ander vent rond. Arme Spidey!

Alfred Molina kry my prys vir die beste akteur in die een vir sy uitstekende spel en die balans wat hy gee aan ´n denkende woestaard.

Spiderman 2 laat beslis vir Spiderman op sy neus kyk. Daar is goeie karakterontwikkeling, humor en aksie. Die CGI-animasie is ook beter, maar word na my mening te veel gebruik.

Spider-Man 2 is ´n goeie superhero-fliek, maar nie fantasties nie.

7/10

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply