Slumdog Millionaire

 

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Regisseur: Danny Boyle

Jamil Malik het brandarm groot geword op die strate van Moembaai, die mees bevolkte stad in Indië. Hy is ‘n deelnemer aan die Indiese weergawe van Who Wants To Be A Millionaire?, maar net voor hy die laaste vraag kan beantwoord word hy in hegtenis geneem. Hy word daarvan verdrink dat hy verneuk, dan begin hy sy lewensverhaal vertel.

Meer hoef jy nie te weet oor regisseur Danny Boyle se verruklike Slumdog Millionaire nie. Die film is op die oog af baie mooi, Indië se armoede ten spyte. Boyle laat die spanning stadig opbou en jy kan nie wag op die volgende hoofstuk van Jamil Malik se lewe nie.

Die akteurs staan nie uit nie, maar dit is ook goed so. Die storie is die belangrikste komponent van Slumdog Millionaire. Dit kruip onder jou vel in en maak jou deel van die karakters se wêreld.

A.R. Rahman se klankbaan vir die film verdien ook ‘n pluimpie. Dit het die 2009 Golden Globe-toekenning ontvang en die Oscar vir die beste oorspronklike klankbaan.

Hierdie film is oorspronklik, vermaaklik en ‘n viering van die lewe.

bydrae: JM

Slumdog Millionaire

Lewer kommentaar

Leave a Reply