In Vuurwiel ondersoek Joan Hambidge op aangrypende wyse al die bekende temas van haar digkuns: die liefde, reis, familieskap (werklik en tussen gedigte), verlies en die dood. Sentraal binne hierdie temas staan die sirkelgang van lewe en dood, die voortdurende verandering en nuutmaak van dinge.
Hambidge se gedigte keer terug na klassieke vorme soos die dizain, pantoem, distigon en verskeie gedigte tree in gesprek met bekende digters. Sy bring deur die gestaltevers hulde aan figure soos Sophia Loren en Bill Flyn. In haar elegiese vers oor Machu Picchu versoen sy al die temas en tegnieke van haar digkuns.
Vuurwiel is ‘n toeganklike bundel wat terselfdertyd verpak is met komplekse verwysings na die Afrikaanse en buitelandse digkuns en ook spreek van weerloosheid en eerlikheid.

