Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za
Die bevoorregtes ken Mel Botes as ’n uiters begaafde liedjieskrywer, komponis, sanger en kitaarspeler uit eie reg – ongetwyfeld een van Suid-Afrika se beste – iemand wat sinoniem is met kreatiewe en innoverende musiek en wat beskik oor uitsonderlike talent.
Dat Mel ’n meester is met die kitaar, word met sy laaste album Ek like jou Ma weer klinkklaar bewys. Mel het besluit om terug te keer na die ou, warm klanke van kunstenaars en groepe wat hom deur die jare beïnvloed het, soos Mark Knopfler en Dire Straits, Bob Dylan, Eric Clapton, Pink Floyd en ander.
Mel Botes en Simon Orange span kragte saam in hierdie “Unplugged” vertoning met klavier en kitaar. ’n Bietjie van Mel Botes en baie van die ou legendes word in hierdie vertoning gehoor!
Hulle is hierdie week by Die Boer in Durbanville.