Spiderman

Net toe mens begin dink daar gaan vanjaar niks goed kom uit die land van melk en heuning nie, toe land Spiderman, en nadat ons dit gesien het hoop ons nog steeds vir iets goed. Tobey Maguire is die perfekte Peter Parker, skaam, maar tog vol van daai goed wat van jou ´n held maak, maar die rolprent is ver van perfek af.

Die film dek alles van Spiderman se begin tot sy amper-liefde Mary Jane (Kirsten Dunst), tot sy gevegte met die nare Green Goblin (tien uit tien vir Willem Dafoe). Die CGI-animasie in die een is beslis nie wat wonders nie. Die fliek is die moeite werd indien jy oppervlakkige vermaak soek.

6/10

Lewer kommentaar

Leave a Reply