Trekkies wat gehou het van die tweede seisoen van Star Trek: Discovery sal bly wees om te hoor daar is ’n splinternuwe reeks op pad met Christopher Pike aan die stuur van die Enterprise.

Star Trek: Strange New Worlds word tans vervaardig en sal eerste aanlyn vrygestel word op CBS All Access. Spock (Ethan Peck) is ook in die reeks. Die rol van Number One word vertolk deur Rebecca Romijn.

Lewer kommentaar

Leave a Reply