Stuck on you

Met: Matt Damon, Greg Kinnear, Jessica Simpson, Cher & Meryl Streep
Regisseur: Peter Farrelly & Bobby Farrelly

Stuck on you is bietjie beter as die Farelly-broers se Me, Myself, & Irene en baie beter as hulle Shallow Hal, omtrent op dieselfde vlak as hul bekendste, There´s Something About Mary.

Die storie handel kortliks oor een Siamese-broer op ´n klein dorpie wat eendag besluit hy wil akteur word en so land die twee in Hollywood.

Mens kan jou baie ooglopende grappe indink in ´n komedie oor ´n Siamese-tweeling. Wat jy nie verwag nie is dat jy gaan lê soos jy lag vir die einste grappe. Jy lag kliphard of giggel soos ´n bakvissie.

Matt Damon en Greg Kinnear kwyt hulle goed van hul taak as hoofkarakters en daar is ´n paar interessante karakters wat goed bydra tot die komedie.

Die film is wel bietjie lank en verloor bietjie stoom aan die einde, maar beslis die die regte medisyne as jy nie lus is vir konsentreer nie.

6/10

Lewer kommentaar

Leave a Reply