The Best Exotic Marigold Hotel
… for the elderly and beautiful
‘n Groep Britse afgetredenes beland by The Best Exotic Marigold Hotel in Indië. Meeste van hulle kom daar aan op hulle laaste sente.
Dis met ‘n skok dat hulle, net soos baie van ons, sien dat hotels nie altyd lyk soos die indruk wat op die Internet geskep is nie. Dis ‘n hou in die maag vir iemand opsoek na ‘n beter lewe.
Jy aanvaar vroeg in die film dat dinge gaan reg uitdraai vir almal, ‘n tipiese feel good film. Dit is egter die gesoute span akteurs wat die wa deur die drif trek, of in die geval, die tuk-tuk deur die plas uriene. Dis veral ‘n plesier om deesdae vir Maggie Smith in ‘n rol te sien. Na twee reekse van Downton Abbey soek mens steeds tevergeefs na ‘n kraak in dié vrou se mondering waar die vrou agter die karakter dalk deurskyn.
Wat aanvanklik lyk soos ‘n vervelige geteem van ‘n groep bejaardes word ‘n boeiende film. The Best Exotic Marigold Hotel word ‘n persoonlike reis vir elkeen van die karakters. Hulle word tot die besef gebring dat die lewe wat jy wil hê, is dalk nie die een wat jy moet hê nie.
The Best Exotic Marigold Hotel
Drama
Roekeloos
Regisseur:
Met:
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

