The Hundred-Foot Journey

The Hundred-Foot Journey,
Roekeloos,
5 Januarie.

Nie lank van nou nie sal Helen Mirren een van die wêreld se beste akteurs wees. Sonder Mirren sou The Hundred-Foot Journey waarskynlik nie veel meer as ’n soetsappige entree gewees het nie.

’n Indiese familie vestig hulle in Frankryk waar hulle ’n Indiese restaurant oopmaak en blykbaar nooit die mas gaan opkom nie, want almal ken mos die Franse en kos. Of so moet ons glo van die moderne Franse met ’n McDonalds op elke hoek.

Ten minste kan mens saamstem met die punt van die film dat smaak deels gemarineer is in tradisie. Mens kan egter nie glo Chocolat se Lasse Hallström was hier aan die stuur nie.

Met: Helen Mirren, Om Puri, Manish Dayal & Charlotte Le Bon
Regisseur: Lasse Hallström
Teks: Steven Knight & Richard C. Morais

Genre: Komedie / Drama
Taal: English
Ouderdomsbeperking: Geen o/9 jaar
Jaar: 2014
Tydsduur: 1 uur 22 minute

3

Lewer kommentaar

Leave a Reply