Roekeloos,
2 Januarie.
Jason Bateman speel Conrad Valmont, ’n man van amper 40 wat van sy afwesige ouers se rykdom leef.
Valmont is gevolglik ’n narsistiese pseudo-intellektueel. Wanneer sy ouers sy kraantjie toedraai word hy uit hulle hotel gedwing om by sy vriend te gaan woon.
Dié film is doelloos. Deur en deur ’n poging om aansitterigheid te verhewe tot ’n belangrike menslike eienskap.
Aan die positiewe kant werk die akteurs baie goed saam. Dit maak dit ten minste kykbaar.
Met: Jason Bateman, Tony Roberts, Olivia Wilde, Billy Crudup & Jenny Slate
Regisseur: Peter Glanz
Teks: Peter Glanz & Juan Iglesias
Genre: Drama
Taal: English
Ouderdomsbeperking: Met ouerbegeleiding
Jaar: 2012
Tydsduur: 1 uur 26 minute
