Roekeloos,
19 November.
Nommer een sou The November Man tien jaar gelede meer sin gemaak het. Pierce Brosnan sou ten minste meer tekens van lewe getoon het.
In The November Man is Brosnan ’n afgetrede geheime agent wat gevra word om ’n gemors op te los waarby hy persoonlik belang het. Dit begin goed, maar die film raak baie gou ’n konkoksie van ’n te groot verskeidenheid idees. As ek na die aantal skrywers kyk kan dit ‘n geval wees van te veel kokke bederf die bry. Aan die einde gee mens nie meer regtig om wat gebeur met enige van die karakters in dié warboel nie. Aan die positiewe kan mens verwys na die mooi agtergrond waarteen dit afspeel, ’n paar mooi tonele en dat die waagtoertjies geen spesiale effekte bevat nie.
As jy in die agterste ry wil gaan sit en vry, koop kaartjies vir The November Man.
Met: Pierce Brosnan, Luke Bracey, Olga Kurylenko, Bill Smitrovich & Will Patton
Regisseur: Roger Donaldson
Teks: Michael Finch, Karl Gajdusek & Bill Granger
Genre: Aksie
Taal: English
Ouderdomsbeperking: Geen o/16 jaar
Jaar: 2014
Tydsduur: 1 uur 48 minute
