The Reader

Regisseur Stephen Daldry is in 2001 getroud en het intussen pa geword van ‘n dogter, terwyl hy openlik gay is. Dit is egter ‘n storie vir ‘n ander dag. Ek wil eerder weet waar dinge verkeerd geloop het met The Reader.

Stephen Daldry is ‘n goeie regisseur. Dink maar aan The Hours (2002) en Billy Elliot (2000). Beide van die films het oorgeloop met menslikheid en geloofwaardige karakters. The Reader laat jou koud.

Kate Winslet verdien haar Oscar vir haar bydrae. Sy is meeste van die tyd naak in die rol van Hanna Schmidt, ‘n Duitse vrou wat ‘n verhouding het met ‘n jong skoolseun tydens die Tweede Wêreldoorlog. Tussen die seks deur moet die seun vir haar voorlees.

Jare later ontmoet die twee weer. Hy studeer in die regte en sy word aangekla van oorlogsmisdade.

The ReaderTerug in 1995 is Ralph Fiennes die seun wat terugdink aan sy lewe. Dit bied die raamwerk waarbinne die storie afspeel en ‘n verskeidenheid temas gestalte kry. Ongelukkig word nie een tema voldoende ontwikkel nie en sluk mens swaar aan die pot koue pap wat Daldry hier opdis.

Blameer die teks, blameer die skrywers, ek weet nie wie almal die skuld moet dra nie, maar hierdie is beslis nie Daldry op sy beste nie.

Regisseur: Stephen Daldry
Met: Kate Winslet & Ralph Fiennes

bydrae: JM

3 / 5

21 Julie 2009

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply