Thunderbirds

Met: Bill Paxton, Anthony Edwards & Ben Kingsley
Regisseur: Jonathan Frakes

Indien jy ouer as dertig is mag jy dalk die oorgeklankte tv-weergawes van Thunderbirds onthou. Poppe wat hul debuut reeds in die 60’s gemaak het.

Die film is uitstekende vermaak vir jong kinders en bied bietjie nostalgie aan volwassenes wat in sommige gevalle die kinders moet vergesel.

Thunderbirds is skoon van oordadige geweld en vuil taal. Die stel is goed ontwerp en al die voertuie is nog net so skitterend.

Nie dat dit ´n goeie film is nie. Die dialoog is moeg en die akteurs niks beter as die oorspronklike houtpoppe nie. Die Tracey-familie lyk almal soos opgesmukte weergawes van Justin Timberlake.

By tye is die teks so droog dat dit dalk net kan veroorsaak dat die fliek kultusstatus kry.
5/10

Lewer kommentaar

Leave a Reply