Alle eer aan die grafiese kunstenaars wat die stukke metaal laat koppe stamp. Hulle is die sterre van Transformers: Revenge of the Fallen.
Wanneer die reuse robotte baklei is dit ‘n half verblindende, geweldadige skouspel. By tye lyk party van hulle te veel soos Jackie Chan, maar dan ontplof daar iets, ‘n gebou breek in twee, jy ruk in jou stoel en hulle is die Kung Fu vergewe.
Dit is wanneer die aksie stop dat dinge begin treurig lyk. Shia LaBeouf tree op soos ‘n senuagtige eekhoring in Kaapstad. Wat daarvan as ‘n paar reusagtige blikskottels jou soek vir iets wat jy nie eens geweet het jy besit nie. Hou op bewe en probeer lyk soos die held wat jy veronderstel is om te wees. Voeg Megan Fox se borsspleet en hansworstery in die prentjie en dinge lyk heeltemal belaglik. Gelukkig is die aksie nooit te ver weg nie.
Transformers: Revenge of the Fallen se ouer boetie, Transformers, was ‘n beter fliek.

Met: Megan Fox, Shia LaBeouf, Rainn Wilson & John Turturro
Regisseur: Michael Bay
3 / 5
28 Junie 2009
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
