Met: John Turturro & Jon Voight
Regisseur: Michael Bay
Al wat jy moet weet van Transformers is dat ‘n Autobot ‘n goeie robot is en ‘n Decepticon ‘n slegte wat mense sal doodmaak. Nou is jy gereed om hierdie indrukwekkende fliek te gaan kyk.
Meeste mense van onder ‘n sekere ouderdomsperk weet reeds wat Transformers is. Sommige bo daai perk weet ook, omdat hulle kinders het. Al wat die res van ons moet weet is dat ‘n Transformer ‘n robot is wat basies een ding doen en dit is baklei – die keer op ons planeet. Die film is vol militaristiese ondertone en is gemaak om nog speelgoed te verkoop. En wie gee om? Die geraas is soms te veel vir ‘n volwassene, maar die aksie hou jou oë oop en jou hand uit die springmielies.
Transformers is tipies van regisseur Michael Bay se werk, byvoorbeeld Bad Boys (1995), The Rock (1996), Armageddon (1998) en Pearl Harbour (2001)
Die laaste 40 minute is so ‘n orgie van ontploffings en geraas, die snotneus saam met my was eintlik tjoepstil. Al wat dié kon sê toe ons uitstap was “Sjoe!”.
Ditto!
7 / 10
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar