Troy

Met: Brad Pitt, Eric Bana, Peter O’Toole & Orlando Bloom
Regisseur: Wolfgang Petersen

Van Hollywood verwag jy niks minder nie as ´n verwronge weergawe van Homer se werk en die legendes van die Trojaanse oorlog waar Helen binne 10 dae gered word, plaas van die oorspronklike 10 jaar.

Die stelontwerp is baie goed, die groot groepe mense indrukwekkend en die choreografie van die gevegstonele uitstekend.

Gewapen met al wat ´n spesiale effek is kan Wolfgang Petersen nie daarin slaag om van Troy iets meer te maak as die treurige affêre waarop dit uitloop nie.

Die akteurs is die grootste sondebokke. Mens wonder onwillekeurig of Brad Pitt, Eric Bana en Orlando Bloom al ooit van Homer gehoor het. Hulle lyk verlore op die stel. Hollywood is ontuis in Troje.

Die gevolg is ´n emosielose film wat by tye lagwekkend raak.

Peter O’Toole verdien wel ´n pluimpie. Hy is duidelik van ´n ander stoffasie.

Dit is banaal en dit is amper 3 ure lank.

4/10

Lewer kommentaar

Leave a Reply