Tyd vir engele en demone

Met: Tom Hanks & Ewan McGregor
Regisseur: Ron Howard

Dis al weer daai tyd van die jaar wat sekere mense hul planke en spykers uitpak vir regisseur Ron Howard. Sy tweede film oor ‘n Dan Brown boek, Angels & Demons, begin binnekort draai. Sommige fundamentaliste gaan Howard nog steeds wil kruisig, maar ten minste is dié fliek baie beter as die vorige een, The Da Vinci Code.

Waar the The Da Vinci Code maar flou was, is Angels & Demons alles behalwe. Dit is meer as twee ure van aksie. Selfs Tom Hanks lyk die keer heel tuis in die rol van Robert Langdon. Neem net kennis dat hierdie fliek baie meer geweldadig as die vorige een is.

Indien jy die boek gelees het moet jy jou regmaak vir ‘n ander weergawe. Howard se weergawe is ‘n vereenvoudigde weergawe en hy beeld dit baie meer realisties uit. Dit begin by die dood van die pous en die ontdekking dat sy moontlike opvolgers ontvoer is.

Angels & DemonsDiegene met die spykers en planke gaan beslis teleurgesteld wees. Angels & Demons is gewoon lekker vermaak, sonder om die kerk in ‘n swak lig te stel. Gaan kyk maar self.

Angels & Demons kry die JA-woord.

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Lewer kommentaar

Leave a Reply